Gebeure

Die CAN CAN span samel 'n paar keer per jaar fondse in, hetsy deur middel van 'n tee-geleentheid, waar 'n interessante praatjie gehou word, of deur kunsuitstallings en ander funksies te hou. Soms word daar vooraf 'n musiekaand in die kerk gehou.
Lees asseblief ons Dankie-Sê-Nota aan bydraers, deelnemers en helpers wat ons gedurende Mei, Junie en Julie so pratig ondersteun het.
|
|
| |

Augustus tot Desember 2011
|
| |
|
Maandag |
Dinsdag |
Woensdag |
Donderdag |
Vrydag |
Saterdag |
Sondag |
Gebeure vir die res van die jaar moet nog gefinaliseer word.
Kontak CAN CAN vir meer besonderhede. |
|
|
|
Op die aand van die 17de Mei was daar 'n wonderlike geleentheid aangebied ten bate van die CAN CAN insamelingsfonds. By hierdie uiters geslaagde fondsinsameling het Wilma van der Bijl as gasspreker opgetree. Daar was ook onder meer 'n uitstekende modeskou gehou deur Boutique 4U. Heerlike versnaperinge, asook 'n veiling is gehou waar die allerpragtigste baadjies verkoop was.
CAN CAN het 'n mooi wins gemaak, in so 'n mate dat die groep in staat was om meer vir ons Calvinia-kankerpasiënte te doen as om net vir reiskoste na die Kaap te betaal.
Op die 29ste Julie 2011, het die ATKV vir ons weer 'n besondere skenking gemaak om CAN CAN bly te staan in pogings om die fondse weereens te sterk. Baie dankie aan al die lede van die ATKV vir hierdie bystand. U wonderlike ondersteuning gaan persone wat hulp nodig het, werklik help.
Alle eer aan ons Hemelse Vader wat ons daartoe in staat stel.
Baie dankie aan elkeen wat op een of ander manier 'n aandeel daarin gehad het of 'n bydrae gemaak het vir CAN CAN se fondsinsamelings-pogings. U ondersteuning word opreg waardeer.

Wie of wat is CAN CAN?
CAN CAN is oorspronlik gestig uit dankbaarheid vir genesing van kanker. Hoewel ons net 'n paar lede het, gaan CAN CAN van krag tot krag en ons
glo dat hierdie dankbare liefdesdaad nog gaan uitbrei.
CAN CAN is die uitsluitlike kanker-hulpvereniging vir Calvinia en omgewing.
Kortliks: Die CAN CAN-naam is soos volg saamgestel:
Die eerste CAN staan vir Christus As Navigator en die tweede CAN kom vanaf die afkorting vir Calvinia se ou nommerplaat-registrasie nl. CAN
Lees meer oor die naam en betekenis by die bladsy: Meer oor CAN CAN
Wil u ook graag 'n bydrae lewer vir hierdie verdienstelike saak of deel van die CAN CAN groep word?
Kontak Marie Smith, een van die CAN CAN lede, as u wil deelneem aan fondsinsamelings-geleenthede of 'n bydrae wil maak. Donasies bly ook baie welkom.
Daar is nog nie op 'n datum vir CAN CAN se volgende fondsinsameling besluit nie, maar ons glo dat ons gemeenskap ons weereens ten volle sal ondersteun.

Besoek gerus Marie Smith se webwerf as u nuuskierig is om sommige van haar pragtige skilderye te sien.
Mense van Calvinia en kontrei, ondersteun ASSEBLIEF die CAN CAN span.

Marie Smith
skilder.arkpark.info
|